Vlag van Afghanistan

Vlag van Afghanistan
Vlag van Afghanistan
Vlag van Afghanistan
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 27 Oktober 1997 (1997-10-27) (oorspronklik)
15 Augustus 2021 (2021-08-15) (herinstelling)
Ontwerp Die Sjahada in swart op 'n wit veld in die kalligrafiese Thuluth-skrif
Wisselvormvlag van Afghanistan
Wisselvormvlag van Afghanistan
Bynaam Alternatiewe weergawe
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel Alternatiewe weergawe van vlag Voorkant moet wys met vlagpaal aan aanskouer se regterkant
Verhouding 2:3
Goedgekeur 2013
Ontwerp Die Sjahada in swart op ’n wit veld, daaronder is "Islamitiese Emiraat van Afghanistan" in Pashto, albei geskryf in kalligrafiese skrif

Die nasionale vlag van Islamitiese Emiraat van Afghanistan (Pasjtoe: د افغانستان رپی; Dari-Persies: پرچم افغانستان) is op 15 Augustus 2021 amptelik in gebruik geneem nadat die Taliban die oorlog wat van 2001 tot 2021 geduur het, gewen het. Die vlag vertoon ’n enkele wit baan met die Sjahada in swart daarop aangebring in die Thuluth-skrif.

In teenstelling word die driekleurvlag van die internasionaal erkende Ismalitiese Republiek van Afghanistan steeds internasionaal gebruik, asook deur interne weerstandsbewegings. Dié vlag bestaan uit drie vertikale bane in swart, rooi en groen met die nasionale wapen in wit in die middel van die vlag. Om die wapen is omring deur koringgerwe en bevat verskeie elemente: ’n Sjahada, ’n Takbir, sonstrale, ’n moskee met ’n mihrab en minbar, twee verkleinde Afghaanse vlae, die jaartal 1298 in die Irannese kalender (dit stem ooreen met 1919 in die Gregoriaanse kalender), en die naam van die volk. ’n weergawe van hierdie driekleurvlag, wat in Julie 1928 deur Koning Amanoellah Khan in gebruik geneem is, is soortgelyk aan die driekleurvlag soos in die paragraaf beskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search